1. Vrye Weekblad se gebruik van Boer as prys- en skeldnaam in ʼn kulturele tussenruimte.
- Author
-
PRETORIUS, CORNIA and FRONEMAN, JOHANNES D.
- Abstract
Die alternatiewe, anti-establishment Vrye Weekblad (1988-1994) het deur die nuustemas wat gepubliseer is, die aanbieding daarvan en die manier waarop Afrikaans gebruik is, die Nasionale Party-regering, die apartheidsideologie en euwels wat daarmee gepaardgegaan het aan die kaak gestel. Op dié wyse het die Vrye Weekblad (VWB) ʼn identiteits(her)konfigurasie van wit Afrikaanssprekendes aangemoedig. Ter ondersteuning van dié poging is die konstruk Boer gebruik as positiewe en negatiewe identiteitsmerker - prysnaam én skeldnaam. Vir die artikel is Boer/boer verder ondersoek en word dit in drie dele bespreek. In deel een word die historiese betekenisverruiming en die mitologisering van die Boer, wat in die hede ook gereeld omstredenheid ontketen, uiteengesit. In die tweede deel van die artikel word ʼn ontleding gedoen van die gebruik van Boer/boer in koppe, prikkels en fotokoppe op die 226 beskikbare voorblaaie van VWB in die digitale versameling van Stellenbosch Universiteit. Die derde deel van die studie bevat die resultate van ʼn doelbewuste steekproef op die binneblaaie van 90 uitgawes van VWB. Die fokus was op koppe en onderkoppe. Die ontleding van Boer word benader vanuit ʼn postkoloniale oogpunt met spesifieke verwysing na hoe VWB ʼn kulturele tussenruimte geskep het waarin andersdenkende Afrikaners ʼn weerstandsidentiteit kon aanneem sonder om afstand te doen van alle aspekte van hul Afrikaneridentiteit. Die posisie tussen kulture, hibridisering, wat as ʼn dinamiese, vloeibare proses vertolk word, het ook ʼn brug gebou tussen Afrikaners en hul landgenote. VWB se gelyktydige gebruik van Boer - ʼn prysnaam én ʼn skeldnaam - kom ook pertinent aan die orde. [ABSTRACT FROM AUTHOR]
- Published
- 2018
- Full Text
- View/download PDF