1. Die ontwikkeling en evaluering van 'n ontwikkelingstimulasieprogram vir swart kleuters
- Author
-
Herbst, Ingrid, Schoeman, W.J., and Huysamen, G.K.
- Abstract
Baie swart skoolbeginners is nie skoolgereed nie. Navorsing het aangetoon dat voorkomende optrede deur die blootstel van jong kinders aan gepaste, vroeë stimulerende ervarings 'n waardevolle bydrae tot die ontwikkelingstake wat vir skooltoetrede van belang is, kan lewer. Afgesien van hul waarde, kan bestaande programme nie sonder meer vir die plaaslike populasie gebruik word nie. Probleme soos die lae opvoedkundige kwalifikasies van versorgende personeel, die groot aantal kinders per personeellid en die gebrek aan fondse en speeltoerusting by fasiliteite, het 'n verdere beperkende invloed ten opsigte van effektiewe intervensie. Met inagneming van die behoeftes en omstandighede van die plaaslike populasie, is 'n ontwikkelingstimulasieprogram deur aksienavorsing ontwikkel en by vier ewekansig verkreë, verteenwoordigende fasiliteite vir swart kleuters geïmplementeer. Die program is eenvoudig en prakties van aard, goedkoop om te implementeer, en kan tyd-effektief deur personeellede met minimale kwalifikasies toegepas word. Kovariansieontledings, met ouderdom en voortoetstellings as kovariante, is in 'n tweerigtingontwerp, waarin program versus geen program en opvoedkundige speelgoed versus selfgemaakte speelgoed volledig gekruis is, gedoen. Die resultate suggereer dat die program effektief in die verbetering van sowel kognitiewe as motoriese ontwikkelingstake was en dat gekoopte opvoedkundige speelgoed meer effektief was as tuisgemaakte speelgoed. Aangesien die interaksie nie beduidend was nie, blyk dit dat die program se effektiwiteit nie van die gebruik van gekoopte opvoedkundige speelgoed afhanklik was nie.
- Published
- 1993
- Full Text
- View/download PDF