Back to Search Start Over

Die aandeel van Ds. J. C. du Plessis in verband met 'n nasionale onderwysbeleid vir die Republiek van Suid-Afrika, met spesiale verwysing na sy werk in die I.K.K. en O.V.S.O.V.

Authors :
Greyvenstein, Diederick Johannes
Vermaak, D.
Greyvenstein, Diederick Johannes
Vermaak, D.
Publication Year :
1979

Abstract

Afrikaans: Die doel van die ondersoek is om die aandeel van ds. J.C. du Plessis na te vors ten opsigte van die verkryging van ‘n nasionale beleid vir die onderwys van blankes in Suid-Afrika deur spesiaal te verwys na sy rol in die Interkerklike Komitee (I.K.K.) en die Oranje-Vrystaatse Onderwysersvereniging (O.V.S.O.V.). Ter aanvang word kortliks verwys na die begrip nasionale onderwysbeleid en Wet 39 van 1967. Beginsels wat meer toeligting ontvang is die Christelike, nasionale, moedertaal-, differensiasie- en ouermedeseggenskapbeginsel. Die ontstaan van die vervlegting van die samelewingsverbande, kerk en skool van die Afrikaner wat die grondslag vorm vir onderwysbemoeiing deur die kerk word ook inleidend bespreek. Daar word op gewys dat dié noue verband tussen kerk en skool dateer uit die Hérvorming en tydens die volksplanting aan die Kaap op die onderwys alhier oorgedra is. Enkele wysgerige beginsels, te wete: die soewereiniteits- en vervlegtingsbegineels van gesagstrukture wat ten grondslag lê van die noue verband tussen die Afrikaner se kerk en skool en verklaar waarom die kerk en veral die N.G. Kerk, hom so indirek bemoei met die onderwys, geniet aandag. ‘n Voorbeeld van die kerk se bemoeienis met die onderwys is die stigting van die I.K.K. Hiervan was ds. Du Plesciis eers lid en later voorsitter. Van die O.V.S.O.V. wat heelwat later sy steun aan die I.K.K. toegesê het, het ds. Du Plessis na aftrede as predikant sekretaris geword. Na voltooiing van sy studies was ds. Du Plessis predikant op Jagersfontein en Bethlehem waar hy gou betrokke geraak het in onderwysaangeleenthede. Hierna word hy beroep na Beaufort-Wes in Kaapland waar hy sy segregrasieskema ten opsigte van Blanke en Kleurlingskole en koshuise deurvoer. Tydens hierdie periode red hy die Kaapse opvoedingskommissie van ontbinding en word die voorsitter daarvan. Ds. Ou Plessis word later die Kaapse verteenwoordiger op die I.C.N.U. van die F.A.K. en beywer hom vir C.N.O. As voorsitter van die Sinodale op

Details

Database :
OAIster
Notes :
application/pdf, Afrikaans
Publication Type :
Electronic Resource
Accession number :
edsoai.on1144172442
Document Type :
Electronic Resource